Orania Oewer Restaurant

Besoek Orania Oewer Restaurant en ervaar eg Afrikaanse styl en gasvryheid.

Die Oewer Restaurant, bestaande uit 'n dek-restaurant, buitelug boma en kroeg, is geleŽ tussen skaduryke inheemse bome op die oewer van die Oranjerivier.

Ons volkskombuis is bekend vir ons smullekker biefstukke, slaaie, kontreikos en tradisionele Afrikaanse disse. 'n Keur van Kaapse landgoed en koŲperatiewe kelder wyne is beskikbaar.

Ons bedien heeldag smullende etes terwyl gaste die pragtige uitsig oor die Oranjerivier vanaf hul tafels kan geniet.

Die meeste van die hoŽ gehalte bestanddele wat ons in ons disse gebruik, word hier op Orania geproduseer. Die Oewer Restaurant is ook die ideale ligging vir privaat funksies, troues en spesiale geleenthede.

Skakel ons gerus vir ons nuutste spyskaart: 053 207 0243


Tuisblad | Ons Kamers |  Rivier Spa | Restaurant | Omgewing | Tariewe | Besprekings | Kontak | Reciprocal Links

© Orania Oewerhotel en Spa, in samewerking met Orania Verblyf en Toere

Besoek ook gerus die webwerwe van Vry Afrikaner en Ons lief Orania!